Oor Weiveld

Weiveld is Pretoria se Nuutste, Grootste en Beste kuierplek/ venue.
Daar was en is Geen gelyke
Weiveld is elke Vrydag en ...Saterdagaand oop vir lekker kuier en die BESTE in langarm musiek - toegang slegs R 50 en deure open 19:00, tensy anders aangedui. Daar tree ook kunstenaars van tyd tot tyd op en kaartjies vir hierdie geleenthede is beskikbaar by http://www.ticketpros.co.za/portal/web/index.php. Alle informasie rakende hierdie optredes verskyn ook by http://www.ticketpros.co.za/portal/web/index.php en kaartjiepryse wissel. Dit is nie nodig om kaartjies aanlyn te koop nie, omrede kaartjies ook by die deur beskikbaar is (afhangend van beskikbaarheid).
 
Die voordeel egter van kaartjies vooraf aanlyn koop is dit: jy kan jou tafel direk aanlyn bespreek. Indien jy hulp met http://www.ticketpros.co.za/portal/web/index.php nodig het, skakel gerus die dienssentrum by 086 1000 291. Hulle sal met graagte help. Weiveld bied ook die HEEL BESTE in klank aan, asook TWEE GROOT skerms. Weiveld is ook beskikbaar vir funksies Maandag tot Donderdag. Skakel 071 471 6698 vir navrae of epos Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. Volg ons gerus ook opTwitter en LinkedIn. Ouderdomsbeperking: 18 jaar en ouer. Drag: Netjies Gemaklik (netjiese kortbroeke en sandale meer as welkom).
 
Ons bied iets te ete aan of jy kan selfs by Bronberg Landgoed se restaurant eet of ietsie bestel. Ons is gelee by Bronberg Landgoed, hoek van Graham(verlenging van Lynnwood) en Boschkop, Zwavelpoort, Pretoria Oos. Ongeveer 6.5 km vanaf Lynnwood/ Solomon Mahlangu(Hans Strijdom) kruising, draai links op Boschkop pad.
Nadat jy links gedraai het, is Weiveld ingang 400 meter verder op jou regterkant. Hier is die koordinate: 25°48'38.1"S 28°22'47.5"E https://goo.gl/maps/hmHRsTsBuG32
 
Weiveld: Die nuwe kuierplek van die Afrikaanse Musiekwereld

Social Fancy Sliders

Facebook

Twitter